Tuesday, August 18, 2009
Sunday, March 8, 2009
Beetkoek

Bestanddele
4 groot eiers
250 g strooisuiker
300ml sonneblomolie
350ml koekmeel
10ml bakpoeier
15ml fyn gemengde speserye
5ml koeksoda
370g gaar gerasperde beet
100g gekapte okerneute
Metode
Skakel die oond aan op 180 grade.Meng die eiers en strooisuiker saam en klits goed.Voeg die sonneblomolie by en meng goed. Vou die koekmeel,bakpoeier, gemengde speserye en koeksoda by die eiermengsel nadat dit saam gesif is. Roer hierna die beet en okerneute by die mengsel in. Gooi die mengsel in 'n voorafbereide koekpan - 'n ringpan sal doen. Bak die koek vir ongeveer een uur tot gaar. Laat die koek afkoel en smeer suurlemoenversiersuiker of maaskaasversiersuiker bo-oor en versier met neute.
Wednesday, December 31, 2008
Piesangbrood resep
Die hoeveelhede in die resep maak my nog deurmekaar,maar hier is dit!
125 ml margarien - ek gebruik botter
300 ml suiker
2 eiers
2 x 250 ml meel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
5 fyngedrukte piesangs
2.5 ml vanielje geursel
Voorverhit die oond na 180 grade. Room die botter en suiker,klits die eiers een vir een by die suikermengsel.Voeg nou die gesifte bestanddele by en meng! Meng die fyngedrukte piesangs by, gevolg deur die vanielje geursel.
Bak die brood vir een uur by 180 grade.
Bewaar die broodjie in 'n lugdigte houer of draai dit toe in foelie.
Jy kan dit ook vries beweer hulle - ek het dit nog nie probeer nie.Maak dit warm in 'n louwarmoond ( 120-150 grade) vir 15 minute

Hot lemon puddings - heerlik saam met kerrie in die winter!
50 gram botter
2 eiers,geskei
200 gram suiker
50 gram meel
1 suurlemoen - skil gerasper en sap uitgedruk
225 ml melk
Voorverhit die oond tot 150 grade. Room die botter tot sag en voeg die suiker en eiers by - hou aan klits. Roer die gesifte meel by en dan die gerasperde skil en suurlemoensap,gevolg deur die melk.
Gooi die mengsel in 6 ramekins of teekoppie en bak vir 25 minute tot gestolde voorkoms verkry is.
Laat die poedings afkoel en strooi versiersuiker liggies oor.
Saturday, December 20, 2008
Subscribe to:
Posts (Atom)