Sunday, November 25, 2012



Heerlike poeding vir die winter: Croissant weergawe op die Bread-and-butter- poeding van weleer. 

1 medium croissant per persoon, in snye gesny.
Ongesoute botter
Heel neut of ander sjokolade 400gram
Cranberries - een pakkie
250ml Room
500ml melk
3 groot eiers
Oondbak, gesmeer met botter.

Sny die croissanten in skywe van 1 cm (8 werk vir die vloeistof volume) en smeer mildadig met botter, pak dit in rye in die gesmeerde oondbak. Breek die sjokolade in blokkies en plaas dit tussen die skywe in. Sprinkel die cranberries oor die  snye tussen die sjokolade in.
Klits nou die 3 eiers saam,meng met room en melk. Gooi die mengsel oor die croissant skywe en laat staan so vir 25 minute. Voorverhit die oond in die 25 minute tot 180grade. Kook ook water en gooi die warm water in 'n bakkie, plaas dit in die onderste rak van die oond en sit die oondbak met die poeding op die middelste rak, bak vir 40-45 min. Pasop dat dit nie te skerp bak/BRAND nie.

Haal uit na baktyk en bedien met roomys of vla, na jou gelang van jou voorkeur.. of beide of ...idealmelk!

Saturday, August 4, 2012

Tarte tatin

Bestanddele:
200gram suiker
50 ml water
50mg botter
3-4 Granny Smith appels, afgeskil en ontpit
Een pak voorafbereide skilferkors deeg

Verkieslik moet die appels die vorige aand afgeskil word en oornag in die yskas staan, dit word bruin. Voorverhit die oond tot 180 grade.
Gooi die suiker in 'n dikboom pan en gooi die 50 ml water daaroor - laat dit staan tot die suiker geheel en al deur die water bedek is. Verhit die suiker oor lae hitte totdat dit begin borrel. Haal dit van die plaat af en roei die botter in die mengsel in. Rangskik die afgeskilde appels in die pan bo-op di esuiker&botter mengel. Verhit dit vervolgens vir 5 minute. Intussen moet voorafvervaardigde deeg op 'n meel bestrooide oppervlak uitgegooi word en uitgerol word. Die  deeg word nou oor die suiker en appel lae geplaas - bedek die appels deeglik en vou die randjies goed in en druk vas teen die pa. Die pan word nou in die oond geplaas en gebak vir 20-25 mint tot goudbruin. Skakel die oond af en laat dit in die oond afkoel. Sodra die goed afgekoel het - maak met 'n slaplem mes seker dat die rand van die deeg los kom. Plaas 'n plat bord, groter as die pan, omgekeerd bo-op die pan en in  een vinnige beweging, dop die pan om sodat die appeltert met die kors op die bord kom. Bedien met vla, sorbet, room of roomys - jou eie keuse!