Sunday, March 8, 2009

Beetkoek


Bestanddele
4 groot eiers
250 g strooisuiker
300ml sonneblomolie
350ml koekmeel
10ml bakpoeier
15ml fyn gemengde speserye
5ml koeksoda
370g gaar gerasperde beet
100g gekapte okerneute
Metode
Skakel die oond aan op 180 grade.Meng die eiers en strooisuiker saam en klits goed.Voeg die sonneblomolie by en meng goed. Vou die koekmeel,bakpoeier, gemengde speserye en koeksoda by die eiermengsel nadat dit saam gesif is. Roer hierna die beet en okerneute by die mengsel in. Gooi die mengsel in 'n voorafbereide koekpan - 'n ringpan sal doen. Bak die koek vir ongeveer een uur tot gaar. Laat die koek afkoel en smeer suurlemoenversiersuiker of maaskaasversiersuiker bo-oor en versier met neute.
Hier is 'n collage van die kantoor se ontstaan. Vanaf die gestreepte blou en terracotta dop tot my eie plek! Mure geskuif, sonarmasjien gekoop, meubels laat maak en kombersie gekry by PEP en die muurpapier uit Frankryk, my eie sertifikate geraam...hier is alles nou bymekaar! Lekker!
Posted by Picasa