Sunday, October 12, 2008

Marmite koek resep

Voorverhit die oond na 180 grade C en smeer 'n medium ronde bakpan uit met botter/spray&cook.
Klits 90 gram botter en 125ml suiker saam tot romerig. Klits een eier by.Voeg een koppie melk by die mengsel en klits - dit maak sifsels...normaal.
Sif 1 en 'n halwe koppie meel en twee teelepels bakpoeier saam met 'n knippie sout by die mengsel en roer met 'n metaallepel die spulletjie deurmekaar. Die konsistensie word beautiful voor jou oe!
Gooi dit uit in die bakpan en bak vir 'n halfuur lank in die middel van die oond.

Haal uit en smeer die bokant van die warm koek met Marmite. Plaas botter in 'n bakkie in die mikrogolf en smelt - ek skat hierdie botter - ek het nie 'n hoeveelheid nie.
Gooi die gesmelte botter oor die warm marmite besmeerde koek en rasper 'n handvolg(groot hand) cheddar kaas en gooi dit bo op die koek!
Bedien warm met koffie! Amper soos een groot skon - hemels!

No comments: