Wednesday, December 31, 2008

Piesangbrood resep

Die hoeveelhede in die resep maak my nog deurmekaar,maar hier is dit!

125 ml margarien - ek gebruik botter
300 ml suiker
2 eiers
2 x 250 ml meel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
5 fyngedrukte piesangs
2.5 ml vanielje geursel

Voorverhit die oond na 180 grade. Room die botter en suiker,klits die eiers een vir een by die suikermengsel.Voeg nou die gesifte bestanddele by en meng! Meng die fyngedrukte piesangs by, gevolg deur die vanielje geursel.

Bak die brood vir een uur by 180 grade.

Bewaar die broodjie in 'n lugdigte houer of draai dit toe in foelie.
Jy kan dit ook vries beweer hulle - ek het dit nog nie probeer nie.Maak dit warm in 'n louwarmoond ( 120-150 grade) vir 15 minute

Hot lemon puddings - heerlik saam met kerrie in die winter!

50 gram botter
2 eiers,geskei
200 gram suiker
50 gram meel
1 suurlemoen - skil gerasper en sap uitgedruk
225 ml melk

Voorverhit die oond tot 150 grade. Room die botter tot sag en voeg die suiker en eiers by - hou aan klits. Roer die gesifte meel by en dan die gerasperde skil en suurlemoensap,gevolg deur die melk.
Gooi die mengsel in 6 ramekins of teekoppie en bak vir 25 minute tot gestolde voorkoms verkry is.
Laat die poedings afkoel en strooi versiersuiker liggies oor.

Saturday, December 20, 2008



Stadion Ernst Wallon waar Stade Toulousian vandag vir Mont de Marsan ore aangesit het. Dit was die warmste dag tot dusver - 'n halfuur se sonskyn!!!


Die vroegoggend son in die midde-ooste: Dubai uit die A380 se venster! wat 'n wonderlike ervaring is dit nie om met die vliegtuig te vlieg nie! Luuks! en moderne afwerkings en RUIMTE in die lug!

Sunday, October 12, 2008

Panorama in die lente?


Sondag 12 Oktober is 'n onweersdag - nie winter nie ook nie somer nie - wind wat waai en wolke in die lug - tog is die son warm op die lelike twee geboue - eens die befaamde Tafelsig en Seesig...so stap die tyd aan - wie weet waarheen?

Larouse ensiklopedie



"n Fantastiese verjaarsdag geskenk van Bernard en Christa! Die franse kosbybel....meer as net 'n bedtime storie!
Marmite koek resep

Voorverhit die oond na 180 grade C en smeer 'n medium ronde bakpan uit met botter/spray&cook.
Klits 90 gram botter en 125ml suiker saam tot romerig. Klits een eier by.Voeg een koppie melk by die mengsel en klits - dit maak sifsels...normaal.
Sif 1 en 'n halwe koppie meel en twee teelepels bakpoeier saam met 'n knippie sout by die mengsel en roer met 'n metaallepel die spulletjie deurmekaar. Die konsistensie word beautiful voor jou oe!
Gooi dit uit in die bakpan en bak vir 'n halfuur lank in die middel van die oond.

Haal uit en smeer die bokant van die warm koek met Marmite. Plaas botter in 'n bakkie in die mikrogolf en smelt - ek skat hierdie botter - ek het nie 'n hoeveelheid nie.
Gooi die gesmelte botter oor die warm marmite besmeerde koek en rasper 'n handvolg(groot hand) cheddar kaas en gooi dit bo op die koek!
Bedien warm met koffie! Amper soos een groot skon - hemels!