Sondag 12 Oktober is 'n onweersdag - nie winter nie ook nie somer nie - wind wat waai en wolke in die lug - tog is die son warm op die lelike twee geboue - eens die befaamde Tafelsig en Seesig...so stap die tyd aan - wie weet waarheen?
"n Fantastiese verjaarsdag geskenk van Bernard en Christa! Die franse kosbybel....meer as net 'n bedtime storie!
Marmite koek resep Voorverhit die oond na 180 grade C en smeer 'n medium ronde bakpan uit met botter/spray&cook. Klits 90 gram botter en 125ml suiker saam tot romerig. Klits een eier by.Voeg een koppie melk by die mengsel en klits - dit maak sifsels...normaal. Sif 1 en 'n halwe koppie meel en twee teelepels bakpoeier saam met 'n knippie sout by die mengsel en roer met 'n metaallepel die spulletjie deurmekaar. Die konsistensie word beautiful voor jou oe! Gooi dit uit in die bakpan en bak vir 'n halfuur lank in die middel van die oond.
Haal uit en smeer die bokant van die warm koek met Marmite. Plaas botter in 'n bakkie in die mikrogolf en smelt - ek skat hierdie botter - ek het nie 'n hoeveelheid nie. Gooi die gesmelte botter oor die warm marmite besmeerde koek en rasper 'n handvolg(groot hand) cheddar kaas en gooi dit bo op die koek! Bedien warm met koffie! Amper soos een groot skon - hemels!
Wednesday, September 3, 2008
Oppad na die kollege Dinsdagoggend - die wolke was mooi - soos jy kan sien. Gevoel soos wolke was mens sien uit 'n vliegtuig....ek het gewens ek was op 'n vliegtuig - en nie oppad na my Part II vraestel nie! Ek is mal oor die tekstuur en tog is dit nie 'n tekstuur nie....!
Woensdagoggend....vroeg langs Milnerstraat in die Campground Common omgewing wis ek die man staan langs die pad. Ek noem dit Last Minute.com - Bernard en Pediatrie, ek en Verloskunde. Al die eksamens is nou klaar en nou...die groot senutergende gewag vir die uitslae - To durban or not? that is the question...
Geelkat was my studie partner - naas Bossie en Bernard. Hy was altyd - amper altyd op my bed...vir 'n maand lank gele en slaap terwyl ek voor my boeke swoeg en sweet...af en toe gaan piepie, gereeld gaan eet en nooit gaan jag of buite gele nie. Geelkat! Sy doopnaam is Savoy,maar in die huis is sy naam:Geelkat
Sunday, August 24, 2008
Beetsop - my signature...die resep is eenvoudig en die kleur - nouja! Flambojant! En dit maak so lekker! Pasop vir die wit tafeldoek...Beetslaai, beetsop - moet nog die beetkoekresep uittoets!