Wednesday, December 31, 2008

Piesangbrood resep

Die hoeveelhede in die resep maak my nog deurmekaar,maar hier is dit!

125 ml margarien - ek gebruik botter
300 ml suiker
2 eiers
2 x 250 ml meel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
5 fyngedrukte piesangs
2.5 ml vanielje geursel

Voorverhit die oond na 180 grade. Room die botter en suiker,klits die eiers een vir een by die suikermengsel.Voeg nou die gesifte bestanddele by en meng! Meng die fyngedrukte piesangs by, gevolg deur die vanielje geursel.

Bak die brood vir een uur by 180 grade.

Bewaar die broodjie in 'n lugdigte houer of draai dit toe in foelie.
Jy kan dit ook vries beweer hulle - ek het dit nog nie probeer nie.Maak dit warm in 'n louwarmoond ( 120-150 grade) vir 15 minute

Hot lemon puddings - heerlik saam met kerrie in die winter!

50 gram botter
2 eiers,geskei
200 gram suiker
50 gram meel
1 suurlemoen - skil gerasper en sap uitgedruk
225 ml melk

Voorverhit die oond tot 150 grade. Room die botter tot sag en voeg die suiker en eiers by - hou aan klits. Roer die gesifte meel by en dan die gerasperde skil en suurlemoensap,gevolg deur die melk.
Gooi die mengsel in 6 ramekins of teekoppie en bak vir 25 minute tot gestolde voorkoms verkry is.
Laat die poedings afkoel en strooi versiersuiker liggies oor.

Saturday, December 20, 2008



Stadion Ernst Wallon waar Stade Toulousian vandag vir Mont de Marsan ore aangesit het. Dit was die warmste dag tot dusver - 'n halfuur se sonskyn!!!


Die vroegoggend son in die midde-ooste: Dubai uit die A380 se venster! wat 'n wonderlike ervaring is dit nie om met die vliegtuig te vlieg nie! Luuks! en moderne afwerkings en RUIMTE in die lug!