Wednesday, September 3, 2008

Oppad na die kollege Dinsdagoggend - die wolke was mooi - soos jy kan sien. Gevoel soos wolke was mens sien uit 'n vliegtuig....ek het gewens ek was op 'n vliegtuig - en nie oppad na my Part II vraestel nie! Ek is mal oor die tekstuur en tog is dit nie 'n tekstuur nie....!


Woensdagoggend....vroeg langs Milnerstraat in die Campground Common omgewing wis ek die man staan langs die pad. Ek noem dit Last Minute.com - Bernard en Pediatrie, ek en Verloskunde. Al die eksamens is nou klaar en nou...die groot senutergende gewag vir die uitslae - To durban or not? that is the question...


Geelkat was my studie partner - naas Bossie en Bernard. Hy was altyd - amper altyd op my bed...vir 'n maand lank gele en slaap terwyl ek voor my boeke swoeg en sweet...af en toe gaan piepie, gereeld gaan eet en nooit gaan jag of buite gele nie. Geelkat! Sy doopnaam is Savoy,maar in die huis is sy naam:Geelkat